Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Alter ego" deur CHARL-PIERRE NAUDE
"Alter ego" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #49435] Di, 04 September 2001 15:21
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Alter ego
Charl-Pierre Naudé

Die trappe na die solder kan my nog verruk.
Waar rakke raaisels uit kindsdae span en die smal,
helder luik aan die ver ent se guillotine soms val
dat vere uit die skemer sak, en die skrik

al's 'n oomblik laat skarrel, het ek weer
gestaan: geboë. Ou deure waardeur niemand stap
en verroeste rame wat nie sluit of klap nie
het eenkant gelê, kettings, reistasse wat verweer

in die geheue. Van nêrens het 'n bries gepluk
deur 'n jeugboek. By 'n vuurhoutjie se flenterlig
staar 'n skadu-gesig, vol skynroet, armoedig

na my terug uit 'n spieël, halfvergete.
"Die solder spook," het Ma gesê. Ek moes so terugkeer
na onder, 'n half-swarte, vanuit die gewete.
Vorige onderwerp: "Koper, kapel" deur CHARL-PIERRE NAUDÉ
Volgende onderwerp: "Twee Diewe" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:26:10 MGT 2024